|
Die Omni-Kleur
is spesiaal vervaardig deur Alternative Structures vir Eskom Pale & ander klas of diameter identifiserings. Verwys na die foto dan sal u sien dat daar 8 produkte op 'n keer vervaardig word - ongeveer elke 30 sekondes. Die Omni-Kleur kan in enige kleur vervaardig word en kan vir enige toepassing gebruik word. Dit word met 'n spyker deur die versterkte middelpunt vasgeheg. Die gaatjie het 'n membraan van plastiek sodat 'n spyker vooraf ingedruk kan word en dus verhoed dat spykers los rondlê. Diameter van OK is 40mm en dit is 1.2mm dik.
 |
Dit was vir ons 'n voorreg om klein 'tekens' van dank te kon stuur vir óf goeie betaling en/óf redelike groot omset gedurende 2001. Ons was aangenaam
verras om te sien hoeveel van die groter kliënte was ook onder die goeie betalers!! Baie dankie daarvoor.
Aluminium-75
merk plaatjie vir eerstens Eskom pale; maar ook enige ander toepassing. 75x55x0.9mm. Dit is 'n wenner en ons kan feitlik enige inligting opsit sonder 'n wagtyd en sonder koste vir die Behandelaar.
 |
Statistiek van SAWPA en terugvoer van SABS dui aan dat verkope van Behandelde pale toeneem - 8.8% vir 2001. Vir die afgelope 2 jaar het die
verkoopprys van Pale met 7% gestyg Ons verneem gereeld van Behandelaars wat pale uitvoer - sommige op groot skaal!! Alternative Structures self kry meer navrae en
voer ook uit op 'n klein maar noemenswaardige skaal plate na Afrika lande.
Baie dankie vir die van u wat geduldig was in die eerste 3 weke van 2002.
Weens die feit dat die fabriek so lank moes sluit (vakbond!) het dit werklik probleme veroorsaak. Alternative Structures het besluit om in die toekoms net tussen Kersfees
en Nuwe Jaar te sluit om sodoende die groterwordende aantal Behandelaars wat oor hierdie periode werk te ondersteun.
Nuuswaardigheid!
Kontak my asb met u interessante staaltjies of inligting wat u met u kollega's wil deel.
|